Wat het dan verkeerd gegaan ?
My naam is Dowaine Newman eks 31 jaar oud, en oorspronklik van Okiep in die Noord Kaap, Springbok.
En ek was n dwelm verslaafde vir n hele paar jaar. Steeds vandag na amper n jaar kan ek nie glo ek was n dwelm verslaafde nie.
As ons verwys na n tikkop, onmiddelik sal ons n prentjue skep van iemand wat uit swaar omstandigede kom, dalk die jong man wat buute Spar slaap, hy kan n dwelm verslaafde wees.
Ek weer aan die ander kant is deur twee pragtige, Godvreesende mensies groot gemaak my Ouma Doreen en Oupa Edward. Ekt n geseende, gelukkig opbribgs gehad, met Christenlike waardes, goeie beginsels, in n liefde volle huis sonder trauma, war ek die beste speel goed altyd gehad het in die straat en later ook die nuuste tegnologiesie aparate. Daar was niks wat Ouma en Oupa nie vir my sou doen nie. Ek was na alles tog hulle "Dwansie" hulle liefdes kind.
Ekt ook na die beste skool wat die dorp gehad het om aan te bied gegaan. Ek aas n goeie leerder, het goed gevaar in skool oor die algemeen. Ekt matriek klaar gemaak en met groot drome is ek weg na n stad -Kimberly om my studies voort te gaan sit. Ek gaan n graad in onderwys behaal. Na 6maande skop ek op en trek sak en pak terug huis toe ek kon net net inpas of aanpas nie.
Ekt toe op die ouderdom van 19 onmiddelik begin werk snaaks genoeg by n skool, ek was n kits onderwyser. Ekt my eie plekkie gehad en ekt alles gedoen om dit in n tuiste te omskep mooie blommetjies het ooral gepront.
So ek was nog altyd n veeantwoordelike persoon, met goeie waardes, goeie beginsels . Kom uit n huis waar my oupa my basis Sondae in die banke van die VGK Kerk te Okiep groot gemaak het.
Nou hoe het ek , wat vol soveel groot drome was dan verslaaf aan dwelms geword? Waar het ek kan die pad dyster geword. Almal qas dan altyd so trots op my, het soveel respek vir my gekoester, met lof van my gepraat.
Is dit dalk omdat ek my beste vriendin mos aan die dood afstaan deur middle van selfmoord of n jaar en paar maande voordat ek haar moes begrawe ek my oom ook in n baie wreede motor ongeluk verloor het?
Ek het nog alles gehad n goeie lewe, goeie werk en netso,skielik bevind ek my op straat, met bedrog klagtes teen my...
God seen U
Tot volgende Sondag
(Jammer vir al die spelfoute as ek begin te skryf vergeet ek werklik om ag daarop te slaan)

Comments